Catalog Search Results
1) Indemnity
2) Kanarie
4) Huisgenoot
Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
5) Number 37
7) SARIE
SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie
...Of jy nou ’n kieklustige amateurfotograaf is wat jou mik-en-druk deeglik wil benut of ’n kranige watergatwaker met ’n sak vol lense, Weg se splinternuwe 2016-fotografie-uitgawe vertel jou álles wat jy moet weet. Sluiterspoed? Lensopening? Beligting? Ons ontleed dié duistere vaktaal en gee jou wenke en truuks wat verseker dat jy kiekies neem wat goed genoeg is vir die sitkamermuur.
Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan
...10) Die ABC van ADHD
Een uit 20 kinders word deur aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) geaffekteer, en in Suid-Afrika ’n geraamde 1 miljoen volwassenes. Tog bly dit ’n toestand wat gereeld verkeerd gediagnoseer word. Daar bestaan soveel mites en misverstande oor ADHD, veral wat die behandeling daarvan betref. Hierdie spesiale uitgawe is enig in sy soort gelaai met inligting wat iemand wat deur ADHD geaffekteer is, moet weet om die wêreld aan te pak.
...Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in dié wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ’n moderne kinkel sodat dit met gemak op ’n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaaie, ontbyt en natuurlik alles wat op ’n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos skoonma-se-tong,
...Om ’n 4x4 te koop is net die begin. Watter modifikasies moet jy daarop aanbring as jy hom in die veld wil gebruik? Watter vaardighede moet jy bemeester? Hierdie en nog baie meer vrae word in detail beantwoord in Die GROOT 4x4-gids, ’n volledige verwysingsbron van 100 blaaie, beantwoord. Beginners sowel as ervare 4x4-bestuurders kan baat by die korrekte inligting. Oor dinge soos die regte herwinningstoerusting, die regmaak
...13) Huisgenoot Bak
Sluit aan by die wêreldwye bakgier! Hierdie tydskrif is perfek vir sowel gesoute en groentjie-bakkers, vir ma’s wat binne minute vir die kinders ’n koek aanmekaar wil slaan tot mense wat vir gaste wil bak of selfs hul spogkoeke wil verkoop. Daar’s ’n afdeling oor basiese mengmetodes en elke resep vertel vir jou vooraf hoeveel moeite en tyd dit vereis. Al die klassieke staatmakerkoeke is hier, plus natuurlik verruklike kaaskoeke, sjokoladekoeke,
...14) Huisgenoot 100
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud – en om dit te vier, het ons ’n pragtige gedenkboek saamgestel waarin ons terugkyk op die grootste nuusgebeure van die afgelope eeu, die glansmense wat ons gefassineer het, en al die jare van lag en trane. Nie net sal jy heerlik lees aan hierdie versamelaarsuitgawe nie; jy sal dit ook wil bewaar as ’n dokument van ons tyd.
15) Weg! Namibië
Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!
Hierdie is jou moet-hê braaigids vir die 2023 Rugbywêreldbeker, want rugby en braai is immers soos vinkel en koljander! Dit is ’n gewewe dat die braavleisvure naweek na naweek vir die sportgebeurtenis van die jaar aangesteek gaan word en met dié kookboektydskrif inspireer Herman Lensing jou met meer as 65 resepte vir disse wat jy oor die kole en in die vuur kan maak. Rugbylegendes deel ook staaltjies oor hul loopbaan.
18) Landbou Vee
Veeboere is vol hoop vir ’n beter somer ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016 gee kenners raad oor hoe boere hul kuddes weer kan opbou en hoe om weiveld te laat herstel. Kyk uit vir artikels oor boere wat uitgeblink het, die jongste tegnologie vir die veebedryf, ’n hele paar handige boereplanne en watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.
19) Weg!
Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons
...Wonder jy wat jy vanaand vir ete kan maak? Kies dan iets wat maklik, vinnig en smaaklik genoeg is om vir Huisgenoot se TV-program Jy Het ’n Wenresep op die DStv-kanaal VIA gekies te word! Elke resep in die boek is deur een van die program se bobaas-kokke ontwikkel en word beoordeel volgens smaak, interessantheid, bekostigbaarheid, varsheid en die tyd wat dit verg. Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, gee boonop vir van die resepte ’n
...Didn't find it?
Can't find what you are looking for? Try our Materials Request Service. Submit Request